Sanette Olivier
MEER OOR ONS

DRAMATIES EN DINAMIES!



Die Jo Christal Dramaskool is in 1991 gestig deur Sanette Olivier. Oor die afgelope dekades het sy en die JC Personeel diep spore in duisende kinders se harte en lewenspaaie gelaat. By die Jo Christal Dramaskool fokus ons op emosionele intelligensie en selfvertroue-ontwikkeling asook klassieke tegnieke van die medium. Ons gee ook al ons leerders meer as een kans ‘n jaar om te skitter op die planke van verkseie verhoë. Klasse word by meer as 12 skole oor Pretoria en Centurion aangebied met meer as 500 leerders. Die JC Span bestaan uit opgeleide en passievolle mense met ‘n liefde vir die medium van Drama.

KLASSE

FOOIE


REGISTREER NOU

REGISTREER AANLYN


ALLE REGISTRASIES GESKIED ALLEENLIK AANLYN VIA ONS E-VORM
DRUK OP DIE KNOPPIE, VUL AL DIE GEVRAAGDE INLIGTING IN EN STUUR DEUR. ‘N E-POS MET BEVESTIGING VAN ONTVANGS SAL DAN NA U GESTUUR WORD.
NEEM ASSEBLIEF KENNIS VAN DIE DIENSOOREENKOMS WAT IN DIE VORM GELEES KAN WORD.

ONS KLASSE

BESKIKBARE KLASSE/SKOLE OOR PRETORIA EN CENTURION



DRUK OP DIE KNOPPIE HIERONDER OM AL ONS BESKIKBARE KLASSE/SKOLE WAAR ONS KLASSE AANGEBIED WORD TE SIEN, ASOOK SPESIFIEKE DAE EN TYE.

Gedurende die jaar probeer ons so veel moontlik geleenthede te skep waar ons leerders kans kan kry om op die verhoog te wys wat hulle geleer het.

Alle leerders neem aan twee produksies deel. Die eerste produksie is in Augustus by die Centurion Teater en die tweede produksie is by die Wonder-Bo-Wonder Teater (Hoërskool Wonderboom) in Oktober. Sien jaarprogram vir datums.

Deelname aan al hierdie produksies is ingesluit in die jaarlikse produksiefooi.

Ons is geaffilieer by die volgende kunswedstryde:
– Centurion Kunstefees
– Afrikaanse Kunstevereniging
– Jo Christal Kunstefees

Inskrywings vir die kunswedstryde maak middel Februarie oop en sluit in Maart. Leerders kan aan meer as een kunswedstryd deelneem. Leerders kan inskryf vir ‘n maksimum van twee items.
Inskrywingskostes beloop R 90 per item per kunswedstryd.
Die kostes sluit die werwing van tekste in. Leerders wat deur ons inskryf word, moet ook individuele afrigting vir die items ontvang. Hierdie sessies vind plaas buite klastyd (gewoontlik Saterdae) en u sal nader aan die tyd ’n skedule ontvang.
Die kostes vir die afrigting beloop R 350 en sluit die volgende in:
– ‘n Kunswedstrydwerkswinkel
– 3x Afrigtingsessies van 30 minute elk


FOKUS

ONS KLASSE WORD OP DIE VOLGENDE PILARE GEBOU


VEILIGE RUIMTE

Ons strewe daarna om ʼn ruimte in die dramaklas te skep waar kinders veilig en
entoesiasties voel om hulself te ontdek terwyl elkeen sy potensiaal op sy eie manier
identifiseer en ten volle uitleef.

VOORBEELDE

Dit is ons doel om effektiewe voorbeelde te stel om kinders te lei om gesonde sosiale
verhoudings te ontwikkel.

VAARDIGHEDE

Ons doel is om die verskeie komponente van drama as medium te gebruik om kinders
met lewensbelangrike vaardighede te bemag.

LEIERSKAP

Ons doel is om kreatiewe leiers te kweek.

ONTWIKKELING

Ons is doelgerig op ontwikkeling, op elke leerder se eie pas. Om te juig in klein oorwinnings en verder aan te moedig waar nodig.

PASSIE

Ons passie brand soos ‘n vuur en ons steek graag die lont van ons leerders aan.