Werkswinkel vir Volwassenes: 12 Maart 2016!

Home / Uncategorized / Werkswinkel vir Volwassenes: 12 Maart 2016!

‘n GELEENTHEID WAT NIE GEMIS MOET WORD NIE!

Na jare se oproepe van ouers en ander volwassenes wat met ‘n begeerte in hulle harte skree, “Ons wil ook drama doen!” het die Jo Christal Dramaskool besluit om ʼn geleentheid te skep wat aan hierdie behoeftes voldoen. Ons bied dus uiteindelik en met trots ’n werkswinkel vir volwassenes aan.

Sien dus met groot opwinding uit na die volgende: hope pret, stressverligting en die herontdekking van die kind binne jou. PLUS! Daar is koek en tee na die tyd!

Jy is nooit te oud vir drama nie, so bespreek jou plek en kom speel saam.

12 Maart 2016

R200 per persoon.

 

Bespreek by Tiaan (083 781 1445) of

by projekte@jochristal.co.za

 

SIEN JOU DAAR!

Volwasse werkswinkel