Vakansieaktiwiteite Julie 2017! Hou die kids so besig…

Home / Uncategorized / Vakansieaktiwiteite Julie 2017! Hou die kids so besig…

Die vakansie lê voor en ons het die oplossing om die kiddies besig te hou!

Jo Christal Akademie (Pty) Ltd bied hierdie vakansie TWEE aktiwiteite aan om die rooimiere oor die langvakansie minder te maak.

1. Vakansie Werkswinkel

Ons jaarlikse Junie-vakansiewerkswinkel vind weer hierdie jaar plaas op 6 en 7 Julie by die Wonder-bo-Wonder Theatre. By hierdie jaar se werkswinkel speel ons met skadupoppe, improvisasie, spesiale effekte grimering asook die maak van kreatiewe kostuums. Die werkswinkel beloof TWEE VOLLE DAE van pret!

Bespreek by projekte@jochristal.co.za of by 083 7811 445. Kostes beloop R300 p/kind en sluit alle benodighede in.

 

 

2. Kinderteater: Aspoestertjie!

Na laasjaar se sukses met Sneeuwitjie, bied Jo Christal Produksies hierdie jaar Aspoestertjie aan!

Kom geniet weer die storie van Aspoestertjie, haar verlore skoen, haar nare stiefsussies en natuurlik die droom-aand by die bal. Aspoesterjie speel by die Pierneefteater van 11 to 13 Julie om 10h00 elke dag.

Kaartjies kos R70 vir volwassenes en R60 vir kinders.

Bespreek by die Pierneefteater (info@pierneefteater.co.za/ 012 329 0709)

Met Tiaan Lubbe, Lian Sachse en die JC Geselskap.

Teks deur Sanette Olivier.