VAKANSIE-WERKSWINKEL: Kom ons kap-it-uit, dis drama tyd!

Home / Uncategorized / VAKANSIE-WERKSWINKEL: Kom ons kap-it-uit, dis drama tyd!

 Dis amper weer vakansie! En so begin die soektog na dinge en aktiwiteite vir die kinders om te doen sodat hulle nie verveeld by die huis sit nie.

HOU OP SOEK. Ons het die antwoord!JC Logo

Die Jo Christal Dramaskool bied aan:

KOM ONS KAP-IT-UIT!

-Dis Drama tyd!-

‘n Unieke 2 dag dramawerkswinkel en vakansieprogram gelaai met prêt en plesier by die Pierneefteater!

Ons jong sterre sal verskeie vaardighede in drama en teater leer wat die volgende insluit:

  • Voordrag, Karakterskepping en Improvsasievaardighede.
  • Kreatiewe Vaardighede in Kostuum- en Rekwisietkonstruksie.
  • Fisiese Teater en nog meer.

Elke ster sal leer om op die verhoog, asook in alledaagse lewe te skitter!

Hierdie is ons tweede jaarlikse vakansieprogram by die Pierneefteater en na laas jaar se reuse sukses is ons meer as oortuig dat hierdie jaar geen uitsondering sal wees nie. 

Kyk onder aan hierdie plasing vir foto’s van laas jaar se werkswinkel!

 

DATUMS EN TYE:

Dinsdag 14 Julie, 08h00 – 16h00

Woensdag, 15 Julie, 08h00 – 16h00

 

KOSTES:

R300* per kind (Ouderdomme van Gr R – Gr 7)

Prys sluit alle material en benodighede in.

(Kosblikkies moet self gepak word. Daar sal ‘n snoepie beskikbaar wees met lekkergoed en koeldrank vir die met ‘n ekstra sakgeldjie.)

*Alle deelnemers ontvang ‘n R20 afslag op alle kinderteater vertonings gedurende die Julie vakansie by die Pierneefteater.

 

HOE OM TE BESPREEK:

Vroegtydige bespreking is noodsaaklik omdat beskikbare plekke beperk is en sodat plekke verseker is.

Bespreek direk by die PIERNEEFTEATER by info@pierneefteater.co.za of by 012 329 0709

Vir aanwysings of meer inligting oor die teater of vertonings, besoek die webstuiste www.pierneefteater.co.za

 

NB: Dit is ook noodsaaklik dat die inksrywingsvorm ons bereik voor die afloop van die werkswinkel. U kan dit hier onder aflaai, invul en vir ons epos of ons sal dit vir u deurstuur sodra die bespreking gemaak is.

Druk hier om inskrywingsvorm af te laai!

VIR MEER INLIGTING RAKENDE DIE WERKSWINKEL:

Epos ons by admin@jochristaldramaskool.co.za

of

skakel vir Tiaan Lubbe direk by

083 781 1445

Ons hoop ons sien baie opgewonde gesiggies daar! Moet asseblief nie skaam wees om ons te skakel vir enige vrae nie.

JC Poster 2015 (color)1

FOTO’S VAN LAAS JAAR SE WERKSWINKEL BY DIE PIERNEEFTEATER:

IMG-20150201-WA0008
“Kom ons Show” Werkswinkel 014
IMG-20150201-WA0007
Tyd om kreatief te raak met kostuums! 2014
IMG-20150201-WA0002
Masker tyd! 2014
IMG-20150201-WA0003
Ure se pret en plesier by die dramawerkswinkel en vakansieprogram in 2014!