Vakansie-Aktiwiteite Julie 2018 – Hou die kinders so besig!

Home / Uncategorized / Vakansie-Aktiwiteite Julie 2018 – Hou die kinders so besig!

Die vakansie lê voor en ons het die oplossing om die kiddies besig te hou!

Jo Christal Akademie (Pty) Ltd bied hierdie vakansie TWEE aktiwiteite aan om die rooimiere oor die langvakansie minder te maak.

1. Vakansie Werkswinkel

Ons jaarlikse Junie-vakansiewerkswinkel vind weer hierdie jaar plaas op 9 en 10 Julie by die Wonder-bo-Wonder Theatre. By hierdie jaar se werkswinkel speel ons met improvisasie, spesiale effekte grimering asook ‘n hele klomp ander lekker drama dinge! Die werkswinkel beloof TWEE VOLLE DAE van pret!

Bespreek u kind se plek by projekte@jochristal.co.za of by 083 7811 445. Kostes beloop R300 p/kind en sluit alle benodighede in.

 

 

2. Kinderteater: Hansie en Grietjie!

Jo Christal Produksies bied hierdie vakansie Hansie en Grietjie aan!

Kom geniet weer die storie van die bekende boetie en sussie en hoe hulle saamstaan teen die snoepietannie! Hansie en Grietjie speel by die Pierneefteater van 5 to 7 Julie om 10h00 elke dag.

Kaartjies kos R65 vir volwassenes en R55 vir kinders.

Bespreek by die Pierneefteater (info@pierneefteater.co.za/ 012 329 0709)

Met Tiaan Lubbe, Lian Sachse en die JC Geselskap.

Teks deur Sanette Olivier.