Kinderteater: Sneeuwitjie en die Sewe Dwergies

Home / Uncategorized / Kinderteater: Sneeuwitjie en die Sewe Dwergies

Jo Christal Produksies bied met trots aan:

SNEEUWITJIE EN DIE SEWE DWERGIES!

Kom kyk weer die geliefde storie van Sneeuwitjie en haar dwergies. Die jaloerse koningin in weer op haar hakke met allerhande planne om seker te maak dat sy die mooiste bly in die land. Giggel en Gogga, al die pad van die kaap, kom vertel vir ons hoe Sneeuwitjie mooi bly van binne en buite met die hulp van die dwergies en diere van die woud. En natuurlik maak die prins ook sy verskyning!

Hope genot, lag en vermaak vir die klein en groot maats!


VERTONINGS:

7 – 9 Julie

10h00

Pierneefteater

R65 vir volwassenes / R55 vir kinders.

Besprekings kan gedoen word by die Pierneefteater by info@pierneefteater.co.za of by 012 329 0709.

BESPREEK JOU PLEK NOU!


 

Sneeuwitjie