Dis PRODUKSIE TYD! Belangrike inligting rakende die opwindede kwartaal.

Home / Uncategorized / Dis PRODUKSIE TYD! Belangrike inligting rakende die opwindede kwartaal.
JC ALGEMEEN
Beste Drama-Ouer,
Dit is die derde kwartaal en ons kon nie wag om weer te begin of om die kiddies se opgewonde gesiggies te sien nie!
Hierdie kwartaal is elke jaar ons hoogtepunt en ons is baie opgewonde om dit te aan te pak. Lees asseblief die onderstaande inligting noukeurig deur.
Hier volg net weer die inligitng rakende die produksietydperk:
Die kleedrepetisie is Saterdag 30 Julie by Hoërskool Wonderboom. (Sien asseblief die brief wat laas kwartaal uitgestuur is vir die tye.) Dit is belangrik dat alle leerders hier teenwoordig is omdat ons saam met die ander skole gaan oefen en die kostuums gaan uitsorteer.
Sien ook die brief van verlede kwartaal vir die datums en tye van die produksie. Dit vind by Unisa Kleinteater plaas en elke aand se vertoning begin om 19h00. Leerders moet reeds 18h00 by die teater aanmeld. Padkaarte sal saam met die kaartjie gestuur word.
Kaartjies (R90 elk) en Produksiefooie (R170) kan in die klasse betaal word. Stuur net ‘n koevertjie met die korrekte bedrag saam klas toe saam met ‘n uiteensetting van die betaling.  Dit is ook belangrik dat u onthou om vir ons te sê vir waste aande die kaartjies is. U kan ook ‘n EFT betaling maak. Maak asseblief seker dat u op die verwyssing dui dat dit vir kaartjies en produksiefooie is en NIE vir klasgelde nie. Stuur ook ‘n epos met n duidelike uiteensetting van die betaling en watter aand julle die kaartjies voor wil hê.
Kaartjies en Produksiefooie kan ook by die kleedrepetisie (30 Julie) afgehandel word vir u gerief. U kan ook daar navraag doen rakende u rekening. Jo Christal T-hemde sal ook daar te koop wees teen R130 elk, wat die leerders kan aantrek na die produksie toe.
Ons herinner u vriendelik dat die koeverte so gou as moontlik terug klasse toe gestuur moet word. Ons vra ook dat u asseblief enige agterstallige klasgelde EN Julie se klasgelde sou gou as moontlik moet vereffen, indien u nog nie het nie. Kyk asseblief weer na die verwyssing wat u gebruik met EFT betalings. Gebruik u kind se NAAM + VAN + SKOOL om enige verwarrings te voorkom. Dit is van uiterse belang.
AANDAG VILLIERIA OUERS:  Ons herinner u dat klasse van hierdie week af die JUNIORS EN SENIORS saam gaan wees vanaf 13h45 tot 15h15. Dit is net vir die duur van die produksietydperk.
AANDAG MAYVILLE OUERS:  Ons herinner u dat klasse van hierdie week af die JUNIORS EN SENIORS saam gaan wees vanaf 13h30 tot 15h00. Dit is net vir die duur van die produksietydperk.
Gaan “Like” asseblief ons facebook bladsy (www.facebook.com/jochristaldramaskool) en hou ons webtuiste (www.jochristaldramaskool.co.za) dop. Ons gee inligitng oor hierdie platvorms ook deur.
Ons nooi u uit om saam met ons en die kiddies hierdie kwartaal ten volle te geniet!
Drama Groete,
Die JC Span