Poste Beskikbaar by Jo Christal Dramaskool vir 2018

Home / Uncategorized / Poste Beskikbaar by Jo Christal Dramaskool vir 2018

Poste: TWEE Drama Onderwyseresse (Preprimêr)

Minimum Kwalifikasies: Graad/Dimploma in Dramatiese Kunste.

Taal: Afrikaans

Kwalifikasies tot jou voordeel: Preprimêre/Grondslagfase Onderwyskwalifikasie.

Vereistes Van Die Pos:

–          Ervaring Met Kinders, Veral Kleuters.

–          Besonderse Dryfkrag

–          Liefde Vir Die Medium En Kinders

Ure: Voltyds, Weeksdae Van 7h00 Tot 15h00

Vergoeding: Vaste Maandelikse Salaris

Om aansoek te doen vir die poste, stuur asseblief jou cv na admin@jochristaldramaskool.co.za.

Onderhoude en oudisies vind plaas op die 7 Oktober 2017. U sal in kennis gestel word van die tyd en plek.

 

Oor Die Maatskappy:

Jo christal akademie (pty) ltd verskaf al vir die laaste 26 jaar dramaklasse aan leerders van alle ouderdomme by meer as 30 skole. Met meer as 450 leerders op die oomblik, groei ons met ‘n sterk spoed en benodig ons dus jong en passievolle praktiseerders om deel te word van ons span.

Aansoekvorm vir Pos

Om aansoek te doen vir die pos, druk op die skakel en vul die aanlynvorm volledig in.

U sal binne 3 dae van ons hoor.

Ons sien uit na u aansoek.

bnner