IT’S SHOW TIME! Ons produksie, “Oud maar nog nie Koud” is oppad planke toe!

Home / Uncategorized / IT’S SHOW TIME! Ons produksie, “Oud maar nog nie Koud” is oppad planke toe!

 

 

Ons is seker dat julle al weet dat ons op die verhoog is saam met al die kiddies oor ‘n paar weke!

Ons oefen al hard van voor die vakansie af en ons hoop die kids het julle al mal by die huis daarmee!

Die Jo Christal Dramaskool bied met baie trots aan:

Oud maar nog nie Koud
Jo Christal Dramaskool Produksie 2015

 

Nog ‘n produksie wat emmers en emmers vol lag en genot vir beide die gehoor en die kids belowe!

So maak seker julle kaartjies is gekoop!

DATUMS: Sien asseblief die briewe wat uitgestuur is.

WAAR: Die UNISA Kleinteater verwelkom ons elke jaar met ope arms. DRUK HIER VIR DIE PADKAART.

Kaartjies beloop R80 per person. Babas en kleuters wat nie sitplekke opneem gaan gratis in.

 

Ons herinner oor maak net weer aan die KLEEDREPETISIE eerskomende Saterdag die 1ste Augustus by Hoërskool Wonderboom. Vir tye, sien asseblief die briewe wat uitgestuur is.

Kaartjies kan daar gekoop word (sowel as in die klasse en by die deure). Produksiefooie en klasgelde kan ook daar afgehandel word.

Ons Jo Christal hemde (R120) en Pette (R80) sal ook daar verkoop word. Dit sal vir ons fantatsies wees as al ons kiddies by die teater opdaag met ons hemde aan. ‘n See van klein Jo Christals!!

 

Soos altyd kan julle ons kontak by admin@jochristaldramskool.co.za. Gaan HIER vir nog kontakbesonderhede.

Sien julle een van die dae!

Drama-Groete,

Die JC Span.