Drama Bizarre en Reunie! – Ons vier 25 Jaar!

Home / Uncategorized / Drama Bizarre en Reunie! – Ons vier 25 Jaar!
Die Jo Christal Dramaskool (Wonniedrama ingesluit) word 25 jaar oud! EN ONS WIL PARTY!
Die Drama Bizarre is ‘n dag-lank fees vol stalltejies, live musiek, aktiwiteite, kos, shows en selfs springkastele. Dit dien dan ook as ‘n GROOT REUNIE (ons gaan braai ook!) vir al die oudleerders wat oor die 25 jaar ‘n pad saam met die skool en Sanette Olivier (Bezuidenhout) gestap het.

SO KOM HERLEEF weer die lekkerste deel van almal van ons se skooldae: DRAMA BY SANETTE. Sanette wil ALMAL daar hê! SO VERSPREI DIE WOORD! Sy belowe ‘n dag vol jol en ‘n klomp surprises!

 

Die Drama Bizarre merk ook ‘n groot dag vir Jo Christal ! Ons stel ons nuwe reeks DRAMA-MERCHANDISE vry. Sanette stel ook haar eerste boek vry,”Die Drama-Portaal: ‘n reis na buitengewone ontwikkeling”, waarin sy terugkyk en skryf oor 25 jaar se ervaring en ‘n verskil maak in kinders se lewens in die dramaklas.

 

jc-shop

Die dag begin met ‘n groot parade en vertoning deur die huidige leerders! Die feesprogram sal binnekort bekendgemaak word.

 

Toegang is R40 en kaartjies kan by die hekke gekoop word!

Meer inligting sal oor die loop van die volgende paar weke bekendgemaak word. Hou ons webtuiste dop. www.jochristaldramaskool.co.za.

KOM PARTY SAAM ONS! Sien jou daar!
Sanette daag al haar oud-leerders uit om mekaar uit te daag om daar te wees!
Gaan ‘Share’ asseblief ons Facebook Event hier: https://www.facebook.com/events/1338666026186356/permalink/1339279539458338/
Drama-groete!
Die JC SPAN
poster_a1-page-001