DIENSTE EN KOSTES

Home / DIENSTE EN KOSTES

Weeklikse Klasse:

Die Jo Christal Dramaskool bied al vir die afgelope 28 jaar weeklikse klasse by verskeie skole in Pretoria en Centurion aan. Klasse duur sowat 1 uur lank, waarin daar verskeie lesse, aktiwiteite en speletjies behandel word.

Jaarlikse Produksies:

Alle leerders wat ingeskryf is by Jo Christal Dramaskool neem deel aan TWEE opwindende jaarlikse TEATERPRODUKSIES. Oefening geduur in klastyd, weke voor die produksies.

Lesplanne:

Buiten oefening vir produksietyd (of SHOWTIME! soos ons dit noem), word elke week se les fyn beplan om die leerder ‘n waardevolle les, tegniek van drama en ietsie oor hulself te leer. Elke oefening en les se priotiteit is en sal altyd gefokus bly op die selfbeeld en selfvertroue ontwikkeling van elke leerder. Almal, van skaam tot uitgesproke, vind ‘n plekkie en is altyd welkom!

Kostes 2020

R100 inskrywingsfooi (Eenmaalig)

R280 p/maand vir 1ste Kind

R260 p/maand vir 2de Kind

R240 p/maand vir 3de en verder kinders.

R200 jaarlikse produksiefooi (betaalbaar in Junie 2020)

Individeule Afrigting:

Individuele afrigting word slegs op afspraak gedoen en is ‘n ADDISIONELE DIENS buite weeklikse klasse.

Afrigting word op Saterdae gebied vir:

  • Kunswedstryditems
  • Redenaarspraatjies.

NB: Let asb daarop dat ons nie redenaarspraatjies skryf nie.

Kostes:

Sessies word per 30 minute bespreek en geskied by Hoërskool Wonderboom op Saterdae.

Sessiekostes beloop R120 per 30 minute.

Let asb daarop dat daar baie beperkte afsprake beskikbaar is en PRIORITEIT aan Jo Christal leerders gegee sal word.

Kontak gerus vir Tiaan Kirsten-Lubbe om ‘n afspraak te maak of navraag te doen by 0837811445 of tiaan@jochristaldramaskool.co.za.

NUUT! Redenaars-werkswinkel vir leerders en ouers 2020!
Redenaarswerkswinkel 2020

Leer hoe om ‘n wenner-praatjie te skryf en hoe om soos ‘n wenner te praat.

Sat, 22 Februarie 2020

Hoërskool Wonderboom

R50 p/persoon. Leerders en Ouers welkom.

WhatsApp chat