Jo Christal Dramaskool: BELANGRIKE Brief so aan die einde van die jaar.

Home / Uncategorized / Jo Christal Dramaskool: BELANGRIKE Brief so aan die einde van die jaar.

Liewe Drama-Ouers!

Ons wil eerstens van hierdie geleentheid gebruik maak om u hartlik te bedank vir die ondersteuning en samewerking wat ons tot dusver die jaar ontvang het. Dit bly vir ons ‘n eer en voorreg om saam die kiddies ‘n pad te stap. Dankie dat u ons toelaat om hulle te help groei as mensies.

Alhoewel die einde van die jaar in sig is, weet ons almal dat dit ook nou die tyd is wat ons die laaste bietjie krag en deursettingsvermoë moet inspan om ons doelwiite te bereik. In die dramaklas is dit ook nie anders nie. Gelukkig heers daar ‘n aansteeklike opgewondenheid onder die leerders omdat dit weer tyd is om sertifikate en trofees te ontvang. En om nog so laaste keer die jaar te wys wat ons op ‘n verhoog kan regkry.

Die volgende inligting moet asseblief noukeurig deurgegaan word om onnodige teleurstelling uit die weg te ruim:

PRYSUITDELINGSKONSERT:

Datum: 14 November (Saterdagoggend)

Plek: Laerskool Boerefort

(De Beerstraat 325, Wonderboom-Suid. GPS: S 25* 42′ 044 E 28* 11′ 34)

Ingang na skool parkering: Sporthek in 5de Laan.

Tyd: 10h00

Toegang: R20

[powr-holiday-countdown label=”Enter a Label”]

KONSERTPROGRAM, FONDSINSAMELING EN KLASGELDE:

Ons wil dit graag onder u aandag bring dat al die leerders aan die konsertprogram vir die prysuitdeling deelneem. In die lig hiervan rig ons ‘n vriendelike versoek aan u om toe te sien dat leerders al die klasse tot en met die prysuitdeling bywoon. Ons weet egter dat die vierde kwartaal moeilik is, maar weereens moet ons maar daai laaste bietjie uithaal sodat ons met ‘n BANG kan eindig.

Daar is ook ‘n fondsinsamelingsprojek/kompetisie wat saam met die prysuitdeling loop. Leerders het elkeen ‘n boekie ontvang met kaartjies in wat hulle kan verkoop. Kaartjies is R10 elk en is dan ‘n inskrywing om moontlik ‘n R1000 te wen sou u kaartjie getrek word. As leerders hulle volle boekie verkoop en die kaartjies terug bring, onvang hulle R10 as beloning. Kaartjies kan aan enige iemand verkoop word, solank hulle informasie op die kaartjie geskryf word en vir ons gegee word.

Langs hierdie weg herinner ons u ook net aan die klasgelde wat aan die begin van elke maand betaal moet word. U moet asseblief ook onthou dat u nie vir Desember betaal nie. Ons doen egter ‘n beroep op u om aan die einde van Oktober of begin November al die agterstallige klasgelde te vereffen. Baie dankie aan al die ouers wat tot dusver op datum is.

U is meer as welkom om ons te skakel indien u onseker is oor enige van die genoemde inligting.

Dit mag dalk einde van ‘n fantastiese en suksesvolle jaar wees, maar ons kan u belowe dat volgende jaar soveel meer gaan inhou. Hou dop! Ons hoop om al die kiddies weer in die nuwe jaar te sien!

Vir die wat belangstel, daar sal by die prysuitdeling ‘n uitverkoping wees om die JC T-hemde. Dit is ‘n perfekte geleentheid om vir volgende jaar al reg te wees.

Groete,

Die JC SPAN