Wonniedrama Fondsinsameling: Boemelaar Bash!

Home / Uncategorized / Wonniedrama Fondsinsameling: Boemelaar Bash!

Die afgelope naweek (27 Februarie 2016) het die Wonniedramagroep ‘n fondsinsameling gehou vir nuwe toerusting en sommer ook net omdat ons enige geleentheid sal gebruik om te perform!

 

Die funksie was ‘n ongelooflike sukses met oor die 220 kaartjies verkoop, ‘n prettige veiling (waar ‘n hele paar mens met fantastiese nuwe items vir hulle rakke weggestap het), en ‘n asemrowende deelname aan die speletjies deur die ouers en toeskouers.

 

Die Wonnies het ook weer gewys dat hulle nie bang is om te perform nie met ‘n uitstekende massaspreekkoor, dansitem, poësieitem en interaktiewe teater. En die tafels het fantasties gelyk!

 

Die fondsinsameling sal definitief nuwe rostrums, trappe en ander gereedskap verseker en ons sê dankie aan elke leerder, ouer en ondersteuner vir hul deelname.

 

Bo alles, BAIE DANKIE dat julle die kunste ondersteun!

 

Hier is ‘n paar fotos van die funksie:

IMG_1145
Lian en Tiaan. Veilingadministrateerders!
IMG_1146
Die saal is reg vir die Boemelaars!

IMG_1140

Newsgirls met die Nuusbrief!
IMG_1138
Tafels kompleet met SparLetta!
IMG_1137
Kos vir hoë klas boemelaars!