Dis PRODUKSIE TYD! Belangrike inligting rakende die opwindede kwartaal.

Uncategorized
Beste Drama-Ouer, Dit is die derde kwartaal en ons kon nie wag om weer te begin of om die kiddies se opgewonde gesiggies te sien nie! Hierdie kwartaal is elke jaar ons hoogtepunt en ons is baie opgewonde om dit te aan te pak. Lees asseblief die onderstaande inligting noukeurig deur. Hier volg net weer die inligitng rakende die produksietydperk: Die kleedrepetisie is Saterdag 30 Julie by Hoërskool Wonderboom. (Sien asseblief die brief wat laas kwartaal uitgestuur is vir die tye.) Dit is belangrik dat alle leerders hier teenwoordig is omdat ons saam met die ander skole gaan oefen en die kostuums gaan uitsorteer. Sien ook die brief van verlede kwartaal vir die datums en tye van die produksie. Dit vind by Unisa Kleinteater plaas en elke aand se vertoning…
Read More

Vakansiewerkswinkel: Dis tyd vir ‘n DRAMA JOL!

Uncategorized
Dis tyd vir 'n DRAMA JOL! 'n werkswinkel vol pret waar ons rock en roll!   Die Jo Christal Dramaskool bied elke jaar in die Julie vakansie 'n dramawerkswinkel aan. Hierdie jaar is geen uitsondering, en na die vorige werkswinkels se groot sukses kan jy niks minder verwag nie!   By hierdie werkswinkel: Special Effects Make-up Improvisasie en karakterskepping Selfbeeld en selfvertroue ontwikkeling Gedramatiseerde Prosa/Poësie Die werkswinkel is 'n twee-dag fees vol alles wat lekker is van drama! 11 & 12 Julie Pierneefteater 8h00 - 16h00 R300 p/leerder (Sluit alle benodighede in). Vir Gr 0 - Gr 9 Bring 'n kospakkie. Snoepie ook beskikbaar. Bespreek NOU jou plek by die Pierneefteater: info@pierneefteater.co.za / 012 329 0709 'N LEKKER MANIER OM DIE LANG VAKANSIE TE VERDUUR!      
Read More

Kinderteater: Sneeuwitjie en die Sewe Dwergies

Uncategorized
Jo Christal Produksies bied met trots aan: SNEEUWITJIE EN DIE SEWE DWERGIES! Kom kyk weer die geliefde storie van Sneeuwitjie en haar dwergies. Die jaloerse koningin in weer op haar hakke met allerhande planne om seker te maak dat sy die mooiste bly in die land. Giggel en Gogga, al die pad van die kaap, kom vertel vir ons hoe Sneeuwitjie mooi bly van binne en buite met die hulp van die dwergies en diere van die woud. En natuurlik maak die prins ook sy verskyning! Hope genot, lag en vermaak vir die klein en groot maats! VERTONINGS: 7 - 9 Julie 10h00 Pierneefteater R65 vir volwassenes / R55 vir kinders. Besprekings kan gedoen word by die Pierneefteater by info@pierneefteater.co.za of by 012 329 0709. BESPREEK JOU PLEK NOU!          …
Read More

Werkswinkel vir Volwassenes: 12 Maart 2016!

Uncategorized
'n GELEENTHEID WAT NIE GEMIS MOET WORD NIE! Na jare se oproepe van ouers en ander volwassenes wat met ‘n begeerte in hulle harte skree, “Ons wil ook drama doen!” het die Jo Christal Dramaskool besluit om ʼn geleentheid te skep wat aan hierdie behoeftes voldoen. Ons bied dus uiteindelik en met trots ’n werkswinkel vir volwassenes aan. Sien dus met groot opwinding uit na die volgende: hope pret, stressverligting en die herontdekking van die kind binne jou. PLUS! Daar is koek en tee na die tyd! Jy is nooit te oud vir drama nie, so bespreek jou plek en kom speel saam. 12 Maart 2016 R200 per persoon.   Bespreek by Tiaan (083 781 1445) of by projekte@jochristal.co.za   SIEN JOU DAAR!    
Read More

Wonniedrama Fondsinsameling: Boemelaar Bash!

Uncategorized
Die afgelope naweek (27 Februarie 2016) het die Wonniedramagroep 'n fondsinsameling gehou vir nuwe toerusting en sommer ook net omdat ons enige geleentheid sal gebruik om te perform!   Die funksie was 'n ongelooflike sukses met oor die 220 kaartjies verkoop, 'n prettige veiling (waar 'n hele paar mens met fantastiese nuwe items vir hulle rakke weggestap het), en 'n asemrowende deelname aan die speletjies deur die ouers en toeskouers.   Die Wonnies het ook weer gewys dat hulle nie bang is om te perform nie met 'n uitstekende massaspreekkoor, dansitem, poësieitem en interaktiewe teater. En die tafels het fantasties gelyk!   Die fondsinsameling sal definitief nuwe rostrums, trappe en ander gereedskap verseker en ons sê dankie aan elke leerder, ouer en ondersteuner vir hul deelname.   Bo alles, BAIE DANKIE dat…
Read More

Die JC Nuusbrief (Uitgawe 01 van 2016)

Uncategorized
Liewe JC Ouers, aanhangers en algemene drama-liefhebbers:   Ons eerste uitgawe van DIE JC NUUSBRIEF is uit! Lees deur vir nuus, gebeure en interessante artikels oor JC en die dramawêreld.   In hierdie uitgawe:   1. Jo Christal: Toe en Nou 2. Wonniedrama hou 'n fondsinsameling 3. Alumni skryf vir ons 4. Werkswinkel vir volwassenes 5. Op die horison vir 2016.   Jy kan die PDF hier aflaai (druk op die skakel):   Die JC Nuusbrief 01-2016 Maart Lekker Lees!  
Read More

WONNIEDRAMA! Fondsinsameling: “Boemelaars Bash!” 27 Februarie 2016

Uncategorized
W  O  N  N  I  E  D  R  A  M  A      Geagte Ouer/Voog Ek is seker dat u ook voel dat die jaar skaars begin het en ʼn mens alreeds wil uitroep:  “Stop the world, I want to get off!”  Dit is dus soms nodig om geleenthede aan te gryp waar ʼn mens net bietjie stoom kan afblaas, die lewe in oënskou kan neem en oomblikke geniet.  Wonniedrama is baie trots en opgewonde om u in te lig dat ons vir u so ʼn geleentheid aanbied in die vorm van ʼn informele Dramakuier met die tema:  “Boemelaar Bash!”  Die doel van die funksie is eerstens om mekaar te ontmoet en tweedens om fondse in te samel vir dramatoerusting wat leerders in die klas en in die teater benodig.  Ons…
Read More

Jo Christal Dramaskool: BELANGRIKE Brief so aan die einde van die jaar.

Uncategorized
Liewe Drama-Ouers! Ons wil eerstens van hierdie geleentheid gebruik maak om u hartlik te bedank vir die ondersteuning en samewerking wat ons tot dusver die jaar ontvang het. Dit bly vir ons 'n eer en voorreg om saam die kiddies 'n pad te stap. Dankie dat u ons toelaat om hulle te help groei as mensies. Alhoewel die einde van die jaar in sig is, weet ons almal dat dit ook nou die tyd is wat ons die laaste bietjie krag en deursettingsvermoë moet inspan om ons doelwiite te bereik. In die dramaklas is dit ook nie anders nie. Gelukkig heers daar 'n aansteeklike opgewondenheid onder die leerders omdat dit weer tyd is om sertifikate en trofees te ontvang. En om nog so laaste keer die jaar te wys wat ons op…
Read More

DIE SOET EN SUUR VAN DIE MENSLIKE NATUUR! Hoërskool Wonderboom Produksie 2015

Uncategorized
Hoërskool Wonderboom spog elke jaar met 'n fantastiese show en hierdie jaar was dit besonders spoggend! Die Jo Christal Span en die Wonnies het gewys hoe 'n show gedoen moet word. Dit was SHOWTIME en ons het dit by die ore gevat en die teater se dak gelig! Hier is die BEHIND THE SCENES van "Die Soet en Suur van die Mesnslike Natuur!"  Om hierdie oomblikke vir altyd te bewaar het ons 'n DVD laat maak. En die kwaliteit die jaar is fantasties! Die video hierbo is net 'n smaakie daarvan. DVD's kos R130 en kan in die klasse by H/s Wonderboom bestel word. Ons wil ook graag dankie sê aan al die Wonnies en almal wat hierdie produksie 'n reuse sukses gemaak het. Dankie ook aan ALMAL wat kom kyk…
Read More