Jo Christal Kunstefees

Jo Christal Akademie (Pty) Ltd bied elke jaar in September by ons eie spogteater, die Wonder-bo-Wonder Teater, die Jo Christal Kunstefees aan.

 

Die primêre doel van hierdie kunstefees is om ‘n platform te skep waar leerders uit verskeie skole die geleentheid het om met hul talente te woeker. Daar is ook lekker pryse vir die leerders om te wen, asook vir die skool wie se leerder as Algehele Wenner van die fees aangewys word.

 

Die kunstefees bied ‘n verskeidenheid kategorieë aan vir u leerders van alle grade om in te skryf.

 

Kategorieë:

·         Stilstaande Poësie of Prosa

·         Gedramatiseerde Poësie of Prosa

·         Monoloë

 

·         Groepswerk: Spreekkore, Samesprake, Tonele en Eksperimentele Teater.